NORMALE PROGRAM VIR BESOEKERS
Mense wat Shama besoek, kan die volgende verwag:
- Genoeg tyd, ruimte en stilte om werklik tot rus te kom.
- Alegehele sitlte, sonder enige onderbrekings of druk om iets te deel, vrae te antwoord of met ander te gesels.
- Genoeg tyd en stilte om te rus, te slaap, te stap, te lees of wat die behoefte ook al mag wees.
- Genoeg tyd, ruimte en stilte in die natuur om te luister wat op God se hart is vir hulle.
- Goeie, gesonde kos. (Ons voorsien twee etes per dag, brunch en aandete), asook koffie, tee en beskuit vir tussen in peusel.
NORMALE DAGPROGRAM
'n Dag by Shama sal min of meer soos volg lyk:
- Elke dag word in stilte deurgebring met ruim tyd vir refleksie, lees, stap, oefening, ens., afhangende van die persoon se behoefte.
- Vroegoggend (08:00) kan 'n vrywillige sessie van kontemplatiewe aanbidding in die kapel bygewoon word.
- Brunch word om 10:00 in stilte geneem.
- Aandete is om 18:00 (of 18:30 in die somer). Dit word ook in stilte gedoen, sodat elke retraite ganger se gedagtes en fokus kan bly by dit wat hy of sy van God gehoor het deur die dag.
- Daarna gaan ons kapel toe vir nog 'n gesamentlike stilword sessie.
- Daarna gaan almal weer na hulle kamers toe.
WAT OM SAAM TE BRING
- Bybel, joernaal, en pen.
- Gemaklike klere en stapskoene.
- Waterbottel – as jy dalk wil water of koeldrank saamvat wanneer jy gaan stap.
- Klein rugsakkie (of ander sakkie), as jy vrugte of iets wil saamvat as jy gaan stap.
- Sonbrandroom vir ingeval die son warm skyn, en ‘n lekker hoed.
- Ons voorsien beddegoed. In die winter, sal ekstra kombers handig wees.
- Bring eie handdoek.
- Ja, hier is krag. Oorpluisies kan ook van groot hulp wees – mens weet nooit hoe ver die snorkers van jou af slaap nie!
- Ons voorsien ekologies vriendelike seep en sjampoo, so los maar die ander by die huis!
- Muskiet weermiddel - belangrik in die somermaande! Die tipe wat mens by die kragpunt indruk werk baie goed.
- Lekker warm pantoffels of sokkies vir die winter (almal trek skoene uit as hulle die hoofgebou ingaan).
KORRESPONDENSIE:
Ons antwoord alle korrespondensie so spoedig moontlik. Neem asseblief in aanmerking dat ons meestal naweke mense ontvang, daarom sal ons waarskynlik nie Saterdae en Sondae by korrespondensie uitkom nie. Maandae is ona afdag, dan sal ons ook nie aan korrespondensie aandag gee nie.