Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

BELANGRIK OM TE WEET: Die retraites en datums wat hier aangegee word, is nie die enigste geleenthede om Shama te besoek nie. Enigiemand wat die behoefte het om stil te word en tyd te spandeer met God, kan my kontak by deon@dissipelskap.co.za (of by dissipel@gmail.com) en vra of hy/sy kan kom vir 'n besoek. Ons kyk altyd of dit moontlik is om dit in te pas op 'n tyd wat jou pas. 

 

Die kalender, soos hier aangedui, is nie finaal nie. Dit kan ook nog verander na gelang van omstandighede. 

 

2024 se Kalender.

 

Die kalender, soos hier aangedui, is nie finaal nie. Dit kan ook nog verander na gelang van omstandighede. Ek het nie weer die gewone dissipelskap retraites op die kalender gesit nie, met uitsondering van een restourasie retraite in Mei.  Die praktyk het nou gewys dat groepe self daarvoor aanvra wanneer hulle gereed is daarvoor. 

 

Januarie

 

28 - 30 Besoek Oudtshoorn.  

 

 Februarie 

Nog oop. 

 

Maart 

13 - 17 Stil retraite (reeds vol bespreek). 

29 - 1 April. Paasretraite

 

April  

 14 -21  Oos London besoek. 

 

Mei 

2 - 5  Restourasie retraite

12 - 16 Pinkster by Impetus Gemeente. 

23 - 26 Refleksie retraite (reeds vol bespreek). 

 

Junie

7 - 9  Stil retraite

Hierdie retraite word gedoen saam met Modules 5 en 6 van die reeks: Die Wese van Dissipelskap. Dit is '''n retraite waar ALLES in stilte gedoen word. Daar word dus nooit die hele naweek gepraat nie, behalwe by die afsluitig. Daar word net materiaal uitgedeel waarmee elkeen gaan stil word. 

14 - 21 Begeleide retraite. 

Tydens 'n begeleide retraite kry jy kans om stil te word rondom jou eie geestelike reis en verhouding met God. Dit vind geheel en al in stilte plaas, behalwe vir een persoonlike gesprek elke dag met die begeleier. Daar is net plek vir 7 mense op hierdie retraite.

 

Julie 

Gedurende Julie maand wil ons aan mense die geleentheid gee om stil te word en oor hulle lewe na te dink aan die hand van die ervaringe van een van Jesus se dissipels of 'n ander Bybelfiguur.  

 

Die retraite sal Vrydagaand na ete begin met 'n kort rolspel van die betrokke dissipel of Bybelfiguur se lewe. Dit sal op so manier gedoen word dat jy die kans kry om in die dissipel se vel te kan inklim en die geleentheid kry om eerstehands die gesprekke en interaksies met Jesus te beleef. 

 

Na die rolspel, sal daar dan vrae voorsien word waarmee jy die res van die naweek kan stil word, wat alles dan nog meer van toepassing sal maak op jou eie lewe. 

 

Die temas vir die onderskeie naweke sal wees:

5 - 7 Julie. Word stil aan die hand van PETRUS se ervaringe. 

 

12 - 14 Julie. Word stil aan die hand van MARIA MAGDALENA se ervaringe.

 

19 - 21 Julie. Word stil aan die hand van JOSEF (seun van Jakob in die OT) se ervaringe. 

 

26 - 28 Julie. Word stil aan die hand van MARTHA se ervaringe. 

 

Augustus

 1 - 25 Shama gesluit - persoonlike verlof. 

 

September

 12 - 15:  Silent retreat (already full). 

26 - 28 Restourasie retraite

 

Oktober

3 - 6  My lewensreis. Hierdie is 'n nuwe retraite. Die doel is om terug te kyk op jou lewensreis met die oog om raak te sien wat God alles in jou lewe gedoen het, vir jou geleer het en wat dit vir jou sê oor waar jy nou is en die pad vorentoe. 

24 - 27 Rus-en-Luister retraite.

 

November

 14 - 17: Rus-en-Luister retraite.  (Hierdie retraite is alreeds vol).

Hierdie retraite het geen vaste program nie. Elkeen kan soveel rus, slaap, stap, lees, ontspan, reflekteer soos wat jy wil. Dit bied die geleentheid om in stilte te reflekteer oor die afgelope jaar. Riglyne word gegee vir die wat dit verlang. Jy kan ook kies om net 1, 2 of 3 dae te kom.

 

SHAMA SLUIT DIE JAAR 17 NOVEMBER.  ONS BLY GEWOONLIK GESLUIT TOT EINDE FEBRUARIE WEENS DIE HITTE.