Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

NORMALE PROGRAM VIR BESOEKERS

 Mense wat Shama besoek, kan die volgende verwag:

  • Genoeg tyd, ruimte en stilte om werklik tot rus te kom.
  • Genoeg tyd en stilte om te rus, te slaap, te stap, te lees of wat die behoefte ook al mag wees.
  • Genoeg tyd, ruimte en stilte in die natuur om te luister wat op God se hart is vir hulle.
  • Geestelike begeleiding deur die retraite leier (Deon Loots, 'n predikant en geestelike begeleier).
  • Goeie, gesonde kos. (Ons voorsien twee etes per dag, brunch en aandete), asook koffie, tee en beskuit vir tussen in peusel.

 

NORMALE DAGPROGRAM

 'n Dag by Shama sal min of meer soos volg lyk:

  • Die besoek altyd met 'n gesprek met die retraite leier om saam te besluit watter roete gevolg sal word.
  • Elke dag word in stilte deurgebring met ruim tyd vir refleksie, lees, stap, oefening, ens., afhangende van die persoon se behoefte.
  • Vroegoggend (06:00) kan 'n vrywillige sessie van kontemplatiewe aanbidding in die kapel bygewoon word. 
  • Brunch word om 10:00 in stilte geneem.
  • Iewers deur die dag word tyd ingeruim vir 'n gesprek met die retraite leier.
  • Aandete is om 18:00 (of 18:30 in die somer). Die stilte word dan gebreek vanaf 18:00 tot na die aand se gesamentlike stil word rondom die Woord.
  • Na aandete word daar soms insette gegee rondom die reis van dissipelskap en navolging van Christus.
  • Daarna word ons stil met die Woord en musiek (lectio divina).
  • Die stilte begin dan weer en word gehandhaaf tot die volgende aand om 18:00.

WAT OM SAAM TE BRING

  • Bybel, joernaal, en pen. 
  • Gemaklike klere en stapskoene.
  • Waterbottel – as jy dalk wil water of koeldrank saamvat wanneer jy gaan stap. 
  • Klein rugsakkie (of ander sakkie), as jy vrugte of iets wil saamvat as jy gaan stap. 
  • Sonbrandroom vir ingeval die son warm skyn, en ‘n lekker hoed.  
  • Ons voorsien beddegoed. In die winter, sal ekstra kombers handig wees.
  • Bring eie handdoek. 
  • Ja, daar is krag. Oorpluisies kan ook van groot hulp wees – mens weet nooit hoe ver die snorkers van jou af slaap nie!
  • Ons voorsien ekologies vriendelike seep en sjampoo, so los maar die ander by die huis!
  • Muskiet weermiddel - belangrik in die somermaande!
  • Lekker warm pantoffels of sokkies vir die winter (almal trek skoene uit as hulle die hoofgebou ingaan).

BYWONING VAN RETRAITES OP DIE PROGRAM

By retraites wat deur die loop van die jaar aangebied word, word van die program hierbo afgewyk. Afhangende van die inhoud en doel van die retraite, word die program dan aangepas. Mense wat egter hier is vir 'n persoonlike retraite, kan ook aangaan met hulle eie program. Hulle hoef nie in te skakel by die program van diegene wat die georganiseerde retraite bywoon nie.