Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Kliek op foto om groter te maak

 

 

 

ROETE VANAF PORT ELIZABETH MET R75

LANGER ROETE (Meer teerpad met net 32 kom grondpad).

Ry op R75 tot by Wolwefontein.  Draai na Steytlerville se kant toe. Ry reguit aan tot by Steytlerville. Jy ry dan reguit deur die dorpie tot jy op die grondpad kom.  Hou jou km lesing dop, dan sal jy nie verdwaal nie. Dis net ongeveer 32km tot by ons plek.

Ry 4km op die grondpad, dan kry jy 'n vurk in die pad. Hou daar REGS.

Ry 18 km reguit aan – na die berg se kant toe. Jy gaan deur twee motorhekke. Daar is paaie wat regs uitdraai, maar jy hou net reguit aan.

Jy kry dan weer 'n vurk in die pad. Hou LINKS. Nou ry jy min of meer parallel met die berg, nie meer na die berg toe nie.

Daarvandaan is dit ongeveer nog 10 km. (As jy 12 km gery het, is jy te ver!!).

Ry eers by 'n huis verby met die naam “De Poortje” dan deur 'n Poortjie, daarna raak die pad weer reguit. Ry nog 'n paar km verder aan, verby 'n afdraai na 'n  plaas na regs (Tobie Ferreira). Daar staan 'n massiewe grootklip by sy ingang. Ry dan stadig. Jy sal al die volgende pad sien wat na regs draai, na die berg se kant toe. Draai nou REGS, na die Berg toe. 

Gaan daar deur 'n hek wat oopstaan.

Jy is dan alreeds op ons grond.

BAIE BELANGRIK!! VAN HIER AF IS DIT NÉT ONGEVEER 500 M TOT BY DIE AFDRAAI!!

Na so 300 plus meter sal  jy 'n pomphuis op die linkerkant sien. Ry by dit verby. Die pad maak dan 'n  draai na links. Ry nou BAIE STADIG, kyk uit vir 'n  tweespoorpaadjie wat na links draai. Die landmerk is 'n ou windpomp geraamtetjie met twee plat klippe in. Ruitverwysing is: 33 31’59.22 S en 24 28’30.40 E. Draai daar links en  volg die paadjie tot by die geboue. 

 

 

KORTER ROETE (minder teer en ongeveer 56 km grondpad).

Ry op die R75, tot by KLEINPOORT. Draai daar af in die rigting van Springbokvlakte.

Ry dan reguit aan met die pad vir ONGEVEER 17 km  tot by 'n T aansluiting (links is 'n plaashuis, groot bloekombome en oorkant die pad is 'n plaashuis). Dit is die Uitenhage – Steytlerville pad). Draai hier REGS na Steytlerville se kant toe. Ry dan ongeveer 24 km op daardie pad tot by afdraai na links, bordjie gemerk "Hottentotspoort".  Draai LINKS op die Hottentotspoort pad.  Ry dan 16 km op die pad tot waar die pad vurk. Ry tot langs die bord aan die linkerkant, jy sal sien dit wys na Grootrivierpoort. Hou dan daar links op die “Grootrivierpoort-pad”. Jy gaan deur 'n  hek wat oopstaan.

Jy is dan alreeds op ons grond.

BAIE BELANGRIK!! VAN HIER AF IS DIT NÉT ONGEVEER 500 M TOT BY DIE AFDRAAI!!

Na so 300 plus meter sal  jy 'n pomphuis op die linkerkant sien. Ry by dit verby. Die pad maak dan 'n  draai na links. Ry nou BAIE STADIG, kyk uit vir 'n  tweespoorpaadjie wat na links draai. Die landmerk is 'n ou windpomp geraamtetjie met twee plat klippe in. Ruitverwysing is: 33 31’59.22 S en 24 28’30.40 E. Draai daar links en  volg die paadjie tot by die geboue.

 

ROETE VANAF WILLOWMORE SE KANT AF:

Ry vanaf Willowmore na Steytlerville. Sodra jy Steytlerville inkom, draai by die eerste stop teken na regs. Na 'n paar meter, word dit 'n grondpad.

Ry 4km op die grondpad, dan kry jy 'n vurk in die pad. Hou daar REGS.

Ry 18 km reguit aan – na die berg se kant toe. Jy gaan deur twee motorhekke. Daar is paaie wat regs uitdraai, maar jy hou net reguit aan.

Jy kry dan weer 'n vurk in die pad. Hou LINKS. Nou ry jy min of meer parallel met die berg, nie meer na die berg toe nie.

Daarvandaan is dit ongeveer nog 10 km. (As jy 12 km gery het, is jy te ver!!).

Ry eers by 'n huis verby met die naam “De Poortje” dan deur 'n Poortjie, daarna raak die pad weer reguit. Ry nog 'n paar km verder aan, verby 'n afdraai na 'n  plaas na regs (Tobie Ferreira). Daar staan 'n massiewe grootklip by sy ingang. Ry dan stadig. Jy sal al die volgende pad sien wat na regs draai, na die berg se kant toe. Draai nou REGS, na die Berg toe. 

Gaan daar deur 'n hek wat oopstaan.

Jy is dan alreeds op ons grond.

BAIE BELANGRIK!! VAN HIER AF IS DIT NÉT ONGEVEER 500 M TOT BY DIE AFDRAAI!!

Na so 300 plus meter sal  jy 'n pomphuis op die linkerkant sien. Ry by dit verby. Die pad maak dan 'n  draai na links. Ry nou BAIE STADIG, kyk uit vir 'n  tweespoorpaadjie wat na links draai. Die landmerk is 'n ou windpomp geraamtetjie met twee plat klippe in. Ruitverwysing is: 33 31’59.22 S en 24 28’30.40 E. Draai daar links en  volg die paadjie tot by die geboue. 

 

Shama kan ook op Google Maps gevind word. Indien jy 'n GPS het, kan jy die roete van waar jy is tot by Shama, net daarop aanteken.